Tinder. Die online dating app.
Die idee daarvan laat meeste ooms en tannies skrik.
Jy load jou profile, met so vyf fotos en ‘n kort “bio” oor jouself. Dan kan jy dit nou limiet op die radius vanaf jou location en die ouderdom klas in wie jy belangstel.
Jacques, my vriend wie dit vir my opgestel het, het natuurlik dit “unlimited” gemaak voor ek die filter ontdek het. Vir die eerste paar dae het daar nogals ‘n paar ou oomie voorstelle op gekom vir wie ek vinning “links geswipe het”.
Nou jy swipe regs as jy van iemand hou en links as jy nie balangstel nie. En so swaai jy jou duim links en regs tussen ‘n gegiggel oor die vreemde fotos en die snaakse goed wat hulle oor hulself skryf om jou aandag te vang.
Wanneer jy uiteindelik dit braaf om regs te swipe, en die persoon ook regs swipe vir jou, dan is dit nou ‘n “match” en ‘n chat maak oop sodat julle met mekaar kan praat.
Ek wag gewoonlik dan vir die arme siel om die eerste move te maak en sy eerste woorde neer te skryf. Die pick-up lines is soms so pover dat ek hulle onmiddelik “UNMATCH!” sonder om enige iets te sê.
Ek skree dit so hardop asof ek n toor spel in Harry Potter se wêreld gooi.
Tot die eendag wat ek vir Jared op my Tinder sien.
Kyk hy het baie interesant gelyk, maar daar was eintlik net een foto wat my aandag gewen het en dit was van hom wat so lê met sy duidelike ek-hou-van-sport-en-avontuur klere op n groot walvis stert stoel.
En ek ken die walvis stert stoel.
Ek sien die stoel elke Desember in Hermanus by die ou hawe.
En ek moes natuurlik weet of ek reg is.
Ek swipe regs.
Hy swipe regs.
Ek wag nie.
Ek vra dadelik of dit die walvis stert in Hermanus is.
Hy sê ja dit is, maar dit het nie meer saak gemaak nie. Vanaf sy eerste boodskap het ek gelag en vir die maand daarna, wat ons aaneen gepraat het, het ek net aanhou lag.
Totdat ek ernstig bekommerd was dat ek dalk verlief raak op ‘n robot. Ek moes hom onmiddellik ontmoet in persoon voor ek my hele hart verloor op sy lang blonde skapie hare en sy robot skaap honde.
Ons ontmoed toe by die lughawe waar hy my verras het met ‘n skattejag wat my gely het na hom toe. Met die opgewondenheid van n klein dogtertjie op kersfees oggend loop ek agter die leidrade aan.
Bewend van opgewondeneid en senuwee, met my hart wat in my keel klop, vind ek hom; die begin van my grootste avontuur.
En hy is toe ‘n mens. Net n al-om-perfek-vir-my mens. Wie ook baie van rekenaars af weet.